Die Masker - Rian Pelati - E-Book

Die Masker E-Book

Rian Pelati

0,0
3,99 €

oder
-100%
Sammeln Sie Punkte in unserem Gutscheinprogramm und kaufen Sie E-Books und Hörbücher mit bis zu 100% Rabatt.
Mehr erfahren.
Beschreibung

In die bundel loop die leser 'n pad saam met die digter, 'n pad van ontnugtering en diep menswees. "Koop die boek of los dit," se hy, "Dis jou konstitusionele reg!"

Das E-Book können Sie in Legimi-Apps oder einer beliebigen App lesen, die das folgende Format unterstützen:

EPUB

Veröffentlichungsjahr: 2014

Bewertungen
0,0
0
0
0
0
0
Mehr Informationen
Mehr Informationen
Legimi prüft nicht, ob Rezensionen von Nutzern stammen, die den betreffenden Titel tatsächlich gekauft oder gelesen/gehört haben. Wir entfernen aber gefälschte Rezensionen.



Rian Pelati

Die Masker

'n Gedig Bundel

Vir MaBookRix GmbH & Co. KG81371 Munich

Opgedra

Vir Ma

“Van stof to stof

Ma se oë het verdof.”

Dank sê

My dank aan die volgende persone sonder wie se hulp hierdie bundle nie moontlik sou gewees het nie:

My Skepper; dankie vir die krag, energie and deursettingsvermoë.

Ma, vir die ondersteuning en al die verstaan. Ek mis jou.

Jurie, vir die geduld, liefde en ondersteuning.

Sandy, dankie vir die inspirasie en drome.

Anneline, dankie vir die omslag ontwerp.

Karim, jy sal weet hoekom.

Ann, dankie vir die raad.

Slet, jy was wonderlik. Thanx vir alles (jy weet wat, ek hoop dit was vir jou so lekker soos dit vir my was).

Armand, dankie dat jy in my geglo het, toe min bereid was om dit te doen..

Voorwoord

As jy bôls het, dan het ek dié bundle vir jou geskryf….

PS: Vir almal wat dink ek is ‘n siek individu, wag vir die volgende bundle!

Aan die Begin: Liewe Ek

Ek dwing myself vanaand om die skerwe van my lewe bymekaaar te vee en die keer weg te gooi, in plaas daarvan om dit met superglue aan mekaar te plak. Mens sal altyd die krake sien. Sal jy nie?

Ons was kinders wat na iets nuuts gaan soek het. Toe ons van ons ontdekkingsreis af terugkeer, kon ons nie pad na mekaar weer kry nie. Die sprokiespaleis waar ons so baie drome gedroom het, het verkrummel - van stof tot stof…

Daardie laaste aand toe ons makaar groet, het jy jou naakste wese in my hand oopgelê. ‘n Broos ontwikkelende embrio, wat gegroei het tot die kruis wat ek nou al so lank binne my saamdra. Ewige ontsterflike liefde, ewige ontsterflike onsekerheid.

Wanneer die donker saans deur my ruite kruip, sien ek jou weer op die lughawe. Jy wink na my. Die hallusinasie verdwyn gou weer. Net ek bly agter. Die fokken leemte is terug.

Ons sprokie is verby. Sprokies is vir kinders. Geseënd is hulle. Ek is groot. Geseënd is ek. Met die gawe van wellus, masturbasie en seks.

Daar bestaan nie ‘n: “En hulle het lank en gelukkig saamgewoon…” nie. Daar bestaan net ‘n “En hulle het mekaar vining genaai en elkeen hul eie rigtings in gegaan..”

Sprokies is ‘n pot kak.

Die Masker

Soggens,

as ek op staan

vat ek die masker

langs my bed

en druk dit op

my gesig

Ek is

wat almal wil sien –

‘n Jesus teen ‘n kruis,

‘n roos van Was

’n Slet

wat met oop bene

lê en hyg

onder leuens

‘n Wansinnige wat op grafstene

van skynheiliges spoeg

omdat ek elke dag

‘n rol vertolk

met die fokken masker op

Verrotting

Moffies! Moffies! Orals moffies!

Moffies wat jy sien en hoor!

In ons skole, in ons kerke, word ons sedes

en ons norme wreed vermoor

In die kroeë hoor jy hulle:

Sy is Hilda*

Hy is Nora*, waar’s my silla*

Kry ‘n dora*

Waar’s ons sedes?

Waar’s ons norme?

Sê net iets en jy kry

vir GASA* of vir GLOW*

sommer gou-gou bo-op jou!

Moffies! Moffies! Orals moffies!

Moffies waar jy kom of gaan

In ons winkels, in ons parke

wat uittartend teen die mure staan

Waar’s ons boerseuns, en ons dogters?

Hulle dra mekaar se klere

of hul gaan soos queens te kere!

Moffies! Moffies! Orals moffies!

Moffies in die parlement, moffies

in jou bed

Op die TV, op die radio

groot, klein of vet!

Die wat van hul dreigend’

gevaar

durf praat

verklaar hul sommer staple gek

(Gods, hulle lei dan almal aan ‘n siels gebrek)

In die toilets kry jy hulle

Kyk sy lunch*

Jus ou sus

hy is bliss*

Waar’s die vrede?

Waar’s die rus?

Mens kan nie

in privaatheid pis!

Sê net iets en jy kry

vir GASA* of vir GLOW*

sommer gou-gou bo-op jou!

GASA – Gay Association of South Africa. Gay Regte beweging in die tagtigs en negentigs

GLOW – Gay and Lesbian Organization of the Witwatersrand. Ook ‘n Gay regte beweging in die tagtigs en vroeë negentigs

Dora – Gay Slang vir Drank

Silla - Gay Slang vir ‘n sigaret