3,99 €
Die evangelie van Jesus Christus word in Suid Afrika verdraai, in 'n poging om die geloofsgrondslag van die Afrikaners te verwoes. Staatsinisiatiewe stig allerhande kultusse en sektes wat die swakkes van geloof mislei. Een van die nuwerwetse verleidingsvorme is die gebruik van allerhande name van God wat nie in die Nuwe Testament voorkom nie. En daar is pogings om die Nuwe Testament, en Jesus Christus te kaap, en in die Ou Testamentiese gebruike en taal in te dwing. In Pilanesberg luister iemand hoedat jongmense juis oor die onderwerpe stry, en dan raak die individu betrokke by die gesprekke.
Das E-Book können Sie in Legimi-Apps oder einer beliebigen App lesen, die das folgende Format unterstützen:
Veröffentlichungsjahr: 2014
Dit is die jaar 2012.
Ek bly in Suid-Afrika en is 'n lid van die blanke ras wat die land getem het, makgemaak het en uiteindelik 'n beskawing hier gevestig het nadat ons 'n staat hier gestig het, soewerein en onafhanklik, erken deur die internasionale gemeenskap in 1852 by Sandrivier.
My naam is Pieter Oosthuizen en ek is 'n vaandeldraer van Jesus Christus en word deur my kerk se leraars die apologeet van Jesus Christus en Sy evangelie genoem.
Ons volk se herkoms spruit uit die Nederlanders, sowel as die Franse Hugenote se Protestante wat hierheer gevlug het, na vervolgings deur die Katolieke..
Nog vêrder terug in die geskiedenis is ons volk saamgestel uit volke van Gaul, wat destyds nooit deur die Romeinse Ryk oorwin kon word, of beheer kon word nie.
Net soos die Gaul van destyds nadergestorm het vir die konflik met die aankomende Romeinse soldate, het my voorsate, waaronder Danie Theron ook geskryf hoedat die Boere nadergestorm het, reg vir oorlog met die Jamesoninval van die Britte.
Sedert goud, diamante en ander kosbare minerale in soewereine land ontdek was, het dit ons Boervolk se lewens onherroeplik verander en ons geskiedenis in bloed en skandvlekke geskryf. En dit is bloed en skandvlekke wat deur die onderdrukkende kinders van Satan, nog steeds geheim gehou word en waarvan bitter min mense van weet.
Sedert die geweldadige en onwettige besetting van ons land, word die Boervolk nou al vir 'n 100 jaar vermoor, of deur maatskaplike ingenieurswerke doodgemaak, doodgewerk, of stilgemaak.
Die bloedvergieting en slagting onder my mense duur steeds voort.
Nie net word ons fisies vermink, gemartel, verneder en uiteindelik, genadiglik tereggestel nie, maar ook dit wat die basis van ons staatstigting was, ons geloof in Jesus Christus word daagliks vermink, vermink verneder, vernietig en verander.
En hierdie doelbewuste vernietiging van ons geloof het daartoe gelei dat my mense in die jaar 2012 soos skape sonder 'n herder ronddwaal. Leierloos en rigtingloos, met geen benul wat om hulle aangaan nie. Tot 'n groot mate het hulle hul vermoeë om tussen die waarheid en die leuen te onderskei, verloor.
My mense weet nie meer wat die waarheid is nie.
En is dit nie Jesus Christus wat gesê het: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe ..” nie?
Sonder Jesus, sneuwel die vermoeë om ander waarhede ook te onderskei.
Daar is bitter min vaandeldraers vir Jesus in my gemeenskap oor. Buiten myself is daar nog die President van die AGS, Dokter Isak Burger wat die naam en die evangelie van Jesus Christus op die internet en sosiale netwerke verdedig.
Daar is geen kerke wat in hul naam stry teen die ongeregtigheid van 'n rassistiese staat wat blankes met wetgewing uit die werkplek verbied nie.
Daar is geen kerke wat hul sleutels vat en die staat tot orde roep met 'n dreigement dat die kerk die deure van die hemel sal sluit vir die staat indien die onreg voortduur nie.
Die Heilige Gees en gees van barmhartigheid, ontbreek en so ook die gees van gesag waarmee die kerke toegerus is deur Jesus Christus.
Baie van die geloofsverwarring word doelbewus deur die staat se intelligensiedienste geskep, juis om die regmatige eienaars van die land, die Boervolk te ondermyn en te verswak.
Hierdie is 'n nederige poging van my om die geloof van my mense te versterk en weer op te rig as waardige kinders van God.
Ons word verswak in die geloof langs 'n paar temas, deur die Satan en sy kinders.
Die eerste verwarring onder my mense word geskep en is langs die sektarisme van die Israelvisie se bykans 200 sektes en hul verwronge skrywes.
Die tweede verswakking en verwarring volg die tema van die Boervolk wat 'n uitverkore volk is gebaseer op Jesus Christus se woorde in Matteus 15 : 24.
Die derde verwarring word geskep deur die verkeerde gebruik van die Heilige name van God.
Die vierde verwarring word geskep rondom die kwessie van die gelofte van Paardekraal en Bloedrivier en die ‘impak’ daarvan op God se verhouding met ons as Sy kinders.
Ek maak nie aanspraak op volledigheid, geleerdheid of welsprekendheid nie. Ook nie wetenskaplikheid nie.
Ek maak wel aanspraak op leiding soos verskaf deur die Heilige Gees en Sy onderrig.
Weens die aard van die hedendaagse problematiek van ons bestaan, voer ons 'n stryd van idees op die sosiale netwerke, asook in ons fisiese bestaan. Veral direkte aanslae op ons lewens, daagliks.
Hieruit spruit voort die behoefte om te leer om onsself te verdedig by ons huise. En dit is by hierdie opleidingsessies waar die groepe bymekaarkom en dan weer uitmekaarspat weens verdraaide geloofsoortuigings.
'n Paar jaar gelede op Bothaville, het die GKK oftewel die Geloftevolk Koordinerings Komitee, 'n vergadering oor 'n paar dae beroep. 4 Dae om presies te wees.
Vanuit die staanspoor het lede van die Israelvisie die verrigtinge oorheers en in onsmaaklike en onnodige twiste laat verval. Sodanig dat by die Saterdag, het niemand geweet wat aangaan nie en is daar nie 'n duim gevorder oor die moontlikhede van selfbeskikking vir die Boervolk nie. Ook geen moontlike oplossings vir die volksmoord wat onder ons mense aan die gang is nie.
Wat nou volg is 'n reis om Jesus Christus se plek as ons God, beter te verstaan.
Niks meer nie.
Dis op die hitte van die dag, hier op die oewer van Mankwe meer in die Pilanesberg Natuurreservaat.
Die visarende fluit onophoudelik luidkeels rondom my, waar ek luilekker in die skaduwee van die papierbasdoringboom lê en insluimer.
Saluut van die vistermanne.
Prentjiemooi.
Goed genoeg vir 'n goeie bottel whiskey. Net beter. Hier is klanke en reuke ook by.
Met die fluit van die visarende, is dit 'n saluut vanaf die dodelikste jagters wat God nog ooit geskape het.
'n Saluut aan 'n dodelike jagter van mensesiele, wat siele uit die vuur ruk voordat hulle in die hel beland.
Net soos die gryp van die visarend wat die vis gryp voordat hy in die diep waters verdwyn.
Ek glimlag by die visualisering van hierdie vergelyking in my geestesoog.
Links van my sit 'n vriendekring van 'n groep jongmense. Die onderwerp is klaarblyklik die Bybel en brei uit na die heilige name van God.
Die visarende fluit luidkeels van die wal se kant af. Een van hulle trek die vis uitmekaar wat hy so pas gevang het. Dodelike, doeltreffende jagters; volmaak deur God geskape, dink ek.
'n Paar seekoeie baken luidkeels hulle onderwater gebied af.
“Ek het in my eerstejaar by die teologiese kollege aangekom en toe kom ek agter hulle verwag van my om die naam Jesus te gebruik. “
“Ek het toe besluit om nie verder te studeer nie.”
“Ek en my gesin sal YWHW dien” sê die jong man.
“Hooohaah !”
‘Daardie jong rammetjie wil 'n trop ooie bymekaarmaak en hulle beïndruk; en om dit te doen, moet hy in die Afrikason voor almal opsigtelik pronk’, dink ek waar ek lomerig in die skadu van die papierbasdoringboom sit.
‘Of doodgewone jeugdige uitbundigheid” dink ek.
Dis mos lente?
Ek staan op uit die skaduwee van die papierbasdoringboom. Koelte op 'n warm somermiddag.
Lekker lêplek vir mannetjieleeus en koelte teen Afrika se lomerige son.
Mannetjieleeus staan nie sommer op tydens 'n warm somermiddag nie.
Die wild wat hulle kan vang in die hitte, is maar klein. Die groter wildsoorte is ook slim en lê ook in rus tydens die middaghitte. Eers in die laatnamiddag begin hulle wei en dan is dit gewoonlik die tyd wat leeus ook jag.
Maar daar is uitsonderings.
Vandag is een.
Jong bokramme wat in die afwesigheid van die groter ramme, op die vlaktes pronk en hul omgewing vergeet, is een van die uitsonderings, wat 'n smulhappie aandui vir 'n leeumannetjie.
Jong ramme wat nie vinniger as die stadigste leeumannetjie is nie, is 'n welkome happie.
As jy as bokram in Afrika wil oorleef, moet jy vinniger as die stadigste leeumannetjie wees.
As jy as leeumannetjie in Afrika wil oorleef, moet jy vinniger as die stadigste bokram kan hardloop.
Ek stap nader na die groep jongmense.
Huiwerig.
Natuurlik met 'n halwe teësinnigheid. Enige hulp of teregwysings word deur jong bokramme as 'n uitdaging of 'n belediging gesien. Sonder uitsondering dink hulle dat jy hulle wil kwaad aandoen en uit hulle hoek is jou intensies nooit suiwer nie.
Hulle het nog nie uit 'n Satanis en eks-kindermoordenaar en pedofiel-kombinasie se mond gehoor hoe verskriklike plek die hel vanself is nie, dink ek. Vyf en twintig jaar as Kapelaan in die Gevangenis, het my die Hel in mense en van mense, uit vele hoeke laat sien.
Daarom probeer ek praat.
Dis presies daarvoor wat die Heilige Gees my binnekant herskep, omvorm, vernuwe en toegerus het; - om mense uit die vuur van die hel te ruk voordat hulle in die ewige lewe daar aankom.
“Jy kan nie vir YWHW dien nie” sê ek.
“Hoekom nie?” vra die jongman.
“Want YWHW is die God van die Ou Testament en van die Jode.”
“YWHW kon net deur 'n Joodse Hoëpriester aangespreek word en net die Joodse Hoëpriester het toegang tot YWHW.”
“Die Allerheiligste in die tempel, waar God self was, kan net deur die Joodse Hoëpriester besoek word. Slegs die Hoëpriester het toegang tot God of YWHW gehad”.